Nog ’n klag teen munisipaliteit

Deur Liesel le Roux
DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek tans ’n be­drogsaak oor die beweerde ongemagtigde betaling (toelaag) van ’n werknemer van die Groter Oudts­hoorn Munisipaliteit wat na bewering nie daarop geregtig was nie. Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is die beweerde ongemagtigde betaling in die periode tussen 18 Januarie en 23 Julie vanjaar gedoen.

Die klag is na verneem word deur die burgemeester, Colan Sylvester, by die polisie ingedien.
Die munisipaliteit het nie op ’n navraag van Die Hoorn oor die klag gereageer nie.

Sylvester het ook begin Mei vanjaar klagtes teen die munisipaliteit by die polisie ingedien – een van bedrog en een van omkopery, terwyl ’n DA-raadslid, Hendrik Ruiters, terselfdertyd ook ’n klag van bedrog ingedien het. Dié sake is na die Polisie se Handelstak (die Valke) oorgeplaas.

Volgens betroubare bronne het Sylvester vroeër vanjaar ook klagtes oor die munisipaliteit by die Handelseenheid op George ingedien.

Log in with your credentials

Forgot your details?