Nog klagtes teen Deyzel

Deur Angelique Erasmus
NOG klagtes gaan waarskynlik bygevoeg word teen Adriaan (Attie) Deyzel, ’n 64-jarige finansiële beplanner van Oudtshoorn, wat in April in hegtenis geneem is op drie aanklagtes wat verband hou met wapens en ammunisie op ’n plaas naby Dysselsdorp waar hy bly.

Deyzel se borgtog is Dinsdagoggend in die Oudtshoorn Landdroshof verleng nadat hy weer vlugtig in die hof verskyn het.

Leonie van Rooyen wat namens die staat optree, het die hof meegedeel dat nog klagtes teen Deyzel bygevoeg gaan word. Volgens Christo van der Bergh, Deyzel se regsverteenwoordiger, het hul steeds nie die dossier ontvang omdat die ondersoek nog nie afgehandel is nie, Die saak is tot 22 Oktober deur landdros Roelf Konstabel uitgestel.

Log in with your credentials

Forgot your details?