Naasbestaandes gevind

Deur Ilze-Mari Gründling
’N MAN wat Maandag op die Oudts­hoorn-Calitzdorppad in ’n skietvoorval gesterf het, se naasbestaandes is opgespoor.

Die polisie het aanvanklik ge­sukkel om naastebestaandes in die hande te kry van die man wat geïdentifsieer is as Collin Glanwill King (70) van Swellendam.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is hulle Maandag omstreeks 10:45 in kennis gestel dat ’n man sowat 10 km buite Oudtshoorn gesterf het.

King is met ’n koëlwond in sy kop aangetref.
’n Rewolwer en ’n papiertjie met ’n telefoonnommer op is ook op die toneel aangetref.
King het na bewering met ’n motorfiets na die plek gery.
Visser het gesê die polisie vermoed geen misdaad nie. Volgens hom het King klaarblyklik ’n kluisenaarsbestaan gevoer.

Log in with your credentials

Forgot your details?