’n Eerste maskerbal vir dorp

Masquerade Ball

Burgemeester wil vroue en kinders in nood help

DIE burgemeester van die Groter Oudts­hoorn, Colan Sylvester, gaan op 17 Maart ’n maskerbal aanbied om fondse in te samel vir kinders en vroue wat gebuk gaan onder armoede. Die munisipaliteit het dié inisiatief van Sylvester Dinsdag bekend gemaak.

Sylvester het ’n beroep op die gemeenskap en inwoners van die Groter Oudts­hoorn gedoen om hom te steun om ’n verskil in ander se lewens te kan maak.

HY sê hy het die nood op Oudts­hoorn gesien en dat sy hart uitgaan na al die minderbevoorregte kinders en vroue “wat dag in en dag uit in armoede krepeer”.

“Kom en word deel van die eerste jaarlike Burgemeestersmaskerbal waar ons as gemeenskap van die Groter Oudtshoorn saam kan staan en ’n verskil kan begin maak,” het hy gesê.

Hy het inwoners aangemoedig om kaartjies te koop en besighede versoek om ’n tafel te koop vir hul personeel en so betrokke te raak by dié fondsinsamelingsfunksie en dit ’n groot sukses te maak. Kaartjiepryse beloop R150 per persoon en vir besighede R2 000 per tafel.

Die funksie vind op Vrydag, 17 Maart, plaas en begin om 18:30 vir 19:00 in die Banketsaal by die munisipale gebou in Voortrekkerweg.

Die munisipaliteit sal die maskers voorsien.

Gedurende die maskerbal sal ook ’n veiling gehou word.

Log in with your credentials

Forgot your details?