Munisipaliteit verskerp sekuriteitsmaatreëls na intimidasie en dreigemente teen amptenare

DIE Oudtshoorn Munisipaliteit het voorkomende sekuriteitsmaatreëls ingestel na voorvalle van die intimidasie van en dreigemente teen amptenare van die munisipaliteit.

Die sekuriteitsmaatreëls geld vanaf Dinsdag, 9 April.

Volgens die munisipale bestuurder, Allen Paulse, is die sekeriteitmaatreëls ingestel om amptenare en munisipale eiendom te beskerm en te verseker dat die lewering van munisipale dienste sonder onderbreking kan voortgaan.

“Ons het bewus geword van ernstige dreigemente teen amptenare en die munisipaliteit self wat ons nie kan ignoreer nie. Dit sal onverantwoordelik wees om nie sekuriteitsmaatreëls te verskerp nie. Dit sal hopelik net vir ’n kort tydperk van krag wees. Die SAPD is ook hieroor ingelig.”

Inwoners word aangemoedig om griewe of kommer volgens prosedure en wetgewing met die munisipaliteit te bespreek.

“Die munisipaliteit se deure is oop om diens te lewer. Ons is altyd bereid om lede van die publiek by te staan met probleme.”

Volgens Paulse kan die moontlikheid nie uitgesluit word dat die motief agter die griewe polities gemotiveer is nie in die aanloop tot die nasionale verkiesing op 8 Mei.

Log in with your credentials

Forgot your details?