Minister praat met rolspelers op Oudtshoorn

Deur Liesel le Roux
DIE Wes-Kaapse minister van plaas­like regering. omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, besoek Oudtshoorn vandag om met verskeie rolspelers gesprek te voer.

Bredell gaan na verneem word met onder meer die Oudtshoorn Besigheidskamer en AfriForum Oudtshoorn vergader.

Volgens Bredell se woordvoerder, James Brent-Styan, kom Bredell na Oudtshoorn om te luister na wat rolspelers van die gebied op die hart het.

Na verneem word het verskeie rolspelers en individue op Oudtshoorn die laaste tyd Bredell as minister van plaaslike regering genader met kommer oor gebeure binne en rondom die munisipaliteit.

Gesprekke met Bredell sal waarskynlik daaroor handel.

Log in with your credentials

Forgot your details?