Meer as 10 grafte nou weer gevandaliseer

Foto ter illustrasie van 'n graf wat by 'n vorige geleentheid in Oudtshoorn gevandaliseer is. Foto: Angelique Erasmus

Foto ter illustrasie van ‘n graf wat by ‘n vorige geleentheid in Oudtshoorn gevandaliseer is. Foto: Angelique Erasmus


OUDTSHOORN se munisipale bestuurder, Allen Paulse, het Woensdag ’n beroep op inwoners gedoen om die munisipaliteit se oë en ore te wees sodat diegene wat Oudtshoorn se begraafplase vandaliseer, vasgetrek kan word. Meer as 10 grafstene is die laaste paar dae gevandaliseer.

“Daar word vermoed dat die skuldiges dit doelbewus doen en die munisipaliteit wil graag die werk van hierdie boosdoeners so gou moontlik in die kiem smoor,” sê Paulse Die munisipaliteit probeer tans naasbestaandes opspoor van die mense wie se grafte gevandaliseer is, en het mense gevra om hul geliefdes se grafte te besoek om seker te maak of daar skade is.”

Kontak 044 203 3900 of valencia @oudtmun.gov.za met enige inligting oor vandalisering.

Log in with your credentials

Forgot your details?