Massa-sterilisasie op Uniondale ’n eerste vir die dorp

Dr Garth Ryder, veearts van De Rust, was deel van die span betrokke by die massaste-rilisasie. Foto: Toni Younghusband

Lee-Ann van Sittert van Oudtshoorn se Animal Care Team (ACT, links), staan suster Hilda Mills van EberVet by om narkose aan een van die honde toe te dien.  Foto: Toni Younghusband

Deur Marlene Malan
Die eienaars van altesame 130 katte en honde uit dié gemeenskap van Uniondale is onlangs oor ’n tydperk van twee dae gehelp om hul diere te versorg.

Volgens Toni Younghusband van Prins Albert, verbonde aan die Ebervet-uitreikklinieke, is die “spayathon” of massa-sterilisasie gesteun deur die Oudtshoorn se Animal Care Team (ACT) en die Tuinroete-Dieresorgvereniging (DBV) wat die geleentheid georganiseer het.

Die span is gelei deur dr Hilldidge Beer van EberVet wat jaarliks talle sterilisasieklinieke in die Karoo hanteer.

Hulle is bygestaan deur dr Garth Ryder, veearts op De Rust, asook dr Suzanne Muller van die Tuin­roete-DBV en drie gemeenskapsdiens­vee­artse, drs Juanita Jacobs, Natasha Clark and Kimberley van der Schyff.

Die Oudtshoorn-span was Makayla Bacon, Vanessa Engelbrecht, Lee-Ann van Sittert, Elmarie Leach-Swiegers en Alta Reynolds.

Die dieresorg-inspekteurs was Gerda Reynders, Colleen Thysse en Robbie Kamfer, ook van die Tuinroete-DBV.

Daar is geen gespesialiseerde plaaslike veeartsenydienste in Uniondale nie, hoewel George se DBV die dorp omtrent een keer per maand besoek.

Younghusband sê EberVet doen troeteldierste­rilisasie in gemeenskappe wat dit nie kan bekostig nie en die veeartse wat aan die organisasie verbonde is, het gewoonlik private praktyke.

Hulle het hul egter daartoe ver­bind het om van hul tyd en kundigheid na afgeleë plattelandse dorpe te bring.

“Sterilisasie keer die geboorte van ongewenste hondjies en katjies. EberVet stel hom dit ook ten doel om die algemene gesondheid van volwasse honde en katte te verbeter, wat weer die verspreiding van siektes onder diere keer.

“Die veeartse van hierdie diens reis duisende kilometer na gemeenskappe. Dis die eerste keer dat hulle Uniondale besoek.”

Younghusband het haar dank uitspreek teenoor almal in Uniondale wat die inisiatief ondersteun het.

Log in with your credentials

Forgot your details?