Man nie ‘n ‘hondesteler’ nie

VOLGENS  kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, ken die Polisie die man wat daarvan verdink word dat hy honde steel.

“Die man is bekend aan die Polisie.  Hy is ‘n bosslaper wat in die noorde van Oudtshoorn rondloop.”

Die man is glo al opgemerk waar hy in ‘n begrafplaas slaap.

Volgens Visser is die man soms onder die invloed van drank en was daar al klagtes dat hy lastig is, maar hy kan nie met enige misdade verbind word nie.

Mense praat ongelukkig maklik en maak aannames, maar die Polisie het vanjaar nog geen klag ondersoek van ‘n hond wat op Oudtshoorn gesteel is nie, het Visser gesê.

Log in with your credentials

Forgot your details?