Man dood in pad aangetref

Deur Angelique Erasmus
DIE Oudtshoorn Polisie vra die publiek om hulle te help met inligting oor die dood van John Piedt (26) wie se liggaam Saterdagoggend omstreeks 05:00 op die Buffelsdriftpad buite Oudtshoorn gevind is.

Met die aankoms van die polisie en nooddienste op die toneel is vasgestel dat Piedt reeds dood was.
Die polisie ondersoek ’n klagte van strafbare manslag.

Piedt sou Maandag 27 jaar oud geword het.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, kan enigiemand met inligting die polisie kontak by tel 044 203 9000.

Log in with your credentials

Forgot your details?