Man (87) sterf ná ongeluk in Poort

• Twee voertuie slaan om in twee dae

Die vragmotor wat Dinsdag met ’n groot vrag lusernbale net ná ’n draai in Mei­rings­poort omgeslaan het.  Foto: Schalk le Roux

Die voertuig waarmee ’n gesin van drie gery het, lê onder in die Grootrivier. ’n Bejaarde man het in dié ongeluk ge-sterf. (Foto verskaf)

Deur Angelique Erasmus
’N 87-JARIGE man van Riversdal het gister op pad hospitaal toe gesterf nadat die motor waarmee hy, sy bejaarde vrou en dogter gery het, laatoggend in Meiringspoort in die Grootrivier beland het.

Dit wil voorkom of die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het toe dit gruis langs die pad tref. Die motor is daarna oor die muurtjie langs die pad waarna dit drie meter na benede gestort het.

Die oorledene se vrou het klaarblyklik ’n besering aan haar skouer opgedoen terwyl sy en haar dogter ook skrape en snye opgedoen het.

Hulle is sover Die Hoorn kon vasstel nie in ’n hospitaal opgeneem nie.
Die voertuig was op pad vanaf Riversdal na Viljoenskroon.

• Die Hoorn is gister van bakboord na stuur-boord tussen die polisiekantore op De Rust, Klaar-stroom, Prins Albert en Beaufort-Wes verwys toe ons inligting oor die ongeluk nagevors het.

• In nog ’n ongeluk in Meirings­poort het ’n groot vragmotor met ’n groot vrag lusernbale Dinsdagoggend by Rooi­uit­spanningsdrift in Mei-ringspoort omgeslaan.

Een van die insittendes het nek- en rugbeserings opgedoen, terwyl die tweede insittende slegs lig beseer is.

Die bestuurder van die vragmotor het na bewering beheer om ’n draai verloor waarna dit net anderkant die draai omgeslaan het.

Die vragmotor was vermoedelik op pad na Mosselbaai.

Op die foto heelbo is die sewe asse van die vragmotor en sleepwae sigbaar.

Log in with your credentials

Forgot your details?