Maggie wel die baasbrein lui mede-beskuldigde se bekentenis

Hofgangers vanoggend. Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb

Magdaleen (Maggie) Titus  het haar man se moord in die fynste besonderhede beplan.

So het die hofgangers vandag in die rondgaande hooggeregshof op Oudtshoorn gehoor met die voorlees van die bekentenis wat Magdaleen se medebeskuldigde, Justice Mooi, afgelê en deur die hof toegelaat is.

Die bekentenis is deur lt kol Eric Jullies van die Thembalethu Polisiekantoor, wat dit afgeneem het, voorgelees. Hierin gee Mooi sy weergawe van gebeure voor, tydens en na die moord op stafsers Preston Titus, wat die aand van 2 Desember 2017 wreed in sy slaapkamer in die weermagbasis op Oudtshoorn vermoor is.

Volgens Mooi het hy, Magdaleen, Masithembe (MJ) January, Xizabiso Klip, Tessa Stuurman en ene Elvis so twee weke voor die beweerde moord in Port Elizabeth ontmoet. Hy het Elvis goed geken omdat hulle ‘n paar jaar in Johannesburg saam gewerk en gewoon het.

January was vir ’n kerk-“crusade” in Port Elizabeth en het hom daarna meegedeel dat Magdaleen “nie gelukkig” is in haar huwelik nie en van haar man ontslae wil raak. Elvis het hom later ook meegedeel dat Magdaleen se man “uitgehaal” moet word en dat Vusumzi, ” ’n small time crook”, net die regte man is.

Magdaleen het R5 000 in paaiemente by Pep Stores inbetaal vir hulle om na Oudtshoorn te kom.

Hy, January en Vusumzi het per taxi na Oudtshoorn gereis wat Magdaleen en Klip hulle die aand van 1 Desember 2017 by die Oudtshoorn Begraafplaas ontmoet en hulle na die woning van Natashia Stuurman se huis geneem is.

Daar is aan Vusumzi verduidelik hoe die moord gepleeg moes word met Magdaleen wat ook gevra het om nie ‘n vuurwapen te gebruik nie.

Sy het in die fynste besonderhede verduidelik dat sy die agterdeur van hul huis vir hulle sou oopmaak nadat sy haar jongste dogter en haar man iets sou ingee wat hulle sou laat slaap. Sy het ook ‘n waaier gehad wat ‘n geraas sou maak. Verder sou sy ‘n selfoon, twee tablette, ’n skootrekenaar en en ‘n handsak met R3 500 kontant buite die kombuis op ‘n tafeltjie los sodat dit na ‘n rooftog moes lyk. Sy het haar man die volgende dag gebel met die nuus dat twee pastore hom sou besoek en hy “baie vriendelik” met hulle moes wees. Die doel hiervan was om die huis deur te kyk en die omgewing te bespied.

Sy het hulle die aand van die moord gebel om te sê: “The coast is clear”.

“Vusumzi is saam met haar die huis binne met ‘n hamer en ‘n mes, terwyl ek buite moes waghou vir sekuriteitspersonnel wat in die omgewing gepatrolleer het.”

“Ons het ook pepersproei gekoop wat gebruik sou word.” Mooi se hy het later paniekerig geword omdat dit so lank geneem het en Vusumsi gebel.

Op ‘n vraag aan Vuzumsi of die man dood is, het hy glo geantwoord: “Ja, ons het hom daar sien lê. Hulle is toe Mosselbaai toe met Vuzumsi wat sy bebloede klere langs die pad uitgetrek en weggegooi het.

Volgens Mooi sou Magdaleen deur Klip R10 000 aan haar man se moordenaar stuur terwyl hy 20 000 sou ontvang.

“Elvis en Tessa (Natashia) is ook geld belowe,” lui Mooi se verklaring.

Mooi sê voorts in sy bekentenis dat hy by die woning van Stuurman gehoor het van R20 miljoen waaragter Magdaleen Titus was.

“Ek het toe besef dat die storie nie gaan oor Maggie wat abuse word nie.”

Die staatsaanklaer, adv Chris van der Vijver, het vir uitstel tot more (Dinsdag 10 September) gevra omdat die volgende getuie nie vir die dag gedagvaar was nie. Henk Carstens (vir Maggie) het ook aangedui dat hy Klip na die getuiebank wil terugroep. Die saak dien voor regter Nolwazi Boqwana.

 

Log in with your credentials

Forgot your details?