Maggie se regsverteenwoordiger onttrek

Maggie Titus by ‘n vorige hofverskyning. Foto: Angelique Erasmus


Dit is die naweek ‘n jaar sedert die soldaat, Preston Titus, wreed op 1 Desember 2017 in sy huis in die weermagkamp op Oudtshoorn vermoor is.

Die voorverhoor van Titus se vrou -wat ook deur die staat beskou word as die baasbrein agter die moord, Magdaleen (Maggie), en drie ander beskuldigdes is gister ‘n tweede keer in George uitgestel – dié keer nadat Maggie se regsverteenwoordiger, Joshua Greeff, hom aan die saak onttrek het.

Die voorverhoor is ook op 13 November uitgestel nadat twee van die ander beskuldigdes, Justice Mooi en Masithembi January, se regsverteenwoordigers onttrek het. Mooi en January het intussen regshulp verkry.

Maggie sal nou ook ‘n nuwe regsverteenwoordiger moet kry.

Die vierde verdagte wat saam met hul voorkom, is Nasthasia Stuurman.

Regter Mark Sher het die voorverhoor tot 13 Desember uitgestel.

Die verhoor begin op 25 Februarie 2019 in die rondgaande hooggeregshof in Oudtshoorn.

Log in with your credentials

Forgot your details?