Maggie maak 338 oproepe na ander

Die selfoonkenner Anna-Marie van Niekerk is sedert Maandag in die getuiebank op Oudtshoorn. Van Niekerk was ook ’n getuie in die Jason Rhode-moordverhoor en in die Hannah Cornelius- moordsaak.
Foto: Angelique Erasmus

Deur Garnett Wicomb
’N SELFOONREKORD-ANALIS van die Polisie het vandeesweek tydens ’n analise van die kommunikasie tussen die vier beskuldigdes in die Preston Titus-moordsaak, aangedui dat Magdaleen (Maggie) Titus altesame 338 oproepe tussen 1 November en 1 Desember 2017 na haar mede-beskuldigdes gemaak het.

Magdaleen staan saam met Justice Mooi, Magdaleen Titus, Masithembe (MJ) January en Natashia Stuur­man tereg op aanklagte van moord met voorbedagte rade en regsverydeling.

Die selfoonkenner, ao Anna-Marie van Niekerk, is by die Titus-saak betrek op versoek van kapt Deon Bouwers van die ondersoekspan, het sy op ’n vraag van die staatsaanklaer, adv Christhénus van der Vijver, ge-antwoord. Dit is vandeesweek die derde week van verhoor van die saak in die rondgaande Hooggeregshof op Oudtshoorn.

Volgens Van Niekerk word sel­foonrekords van diensverskaffers aangevra om ’n beskuldigde met die misdaad te verbind, maar kan dit ook ’n persoon se onskuld bewys.

Sy het breedvoerig getuig oor die selfoonkommunikasie vanaf 1 November 2017 tot 1 Desember 2017 tussen die vier beskuldigdes sowel as ene Elvis Galeboe, wat nie ’n ver-dagte is nie. Volgens Van Niekerk was daar selfoonkontak tussen Magdaleen Titus en Galeboe vanaf 4 November tot 28 November 2017.

Die eerste kommunikasie tussen Magdaleen en Mooi, een van die vermeende huurmoordenaars, was op 16 November 2017 en die laaste op 1 Desember; tussen Magdaleen en Natashia Stuurman vanaf 3 November tot 1 Desember en met Sixabiso Klip tussen 1 November en 1 Desember 2017.

Van Niekerk het dit egter duidelik gestel oproepe op ’n persoon se sel-foonrekord is nie noodwendig net deur die eienaar gemaak nie. Sy het getuig baie van die aktiverings, op-roepe en sms’e het op 30 November en 1 Desember 2017 (die moorddag) plaasgevind.

Daar was die aand van die moord ver-skeie oproepe vanaf Magdaleen se foon na Mooi, January en Klip, wat reeds vir die moord gevonnis is. Die rekords toon oproepe aan vanaf Magdaleen se selfoon in die omgewing van die Seppie Greeff-gebou in die middedorp na die selfoon van Mooi in die weermagbasis.

Verskeie sms-boodskappe is die aand ook tussen Magdaleen se selfoon na die van Klip gestuur en omgekeerd.

Log in with your credentials

Forgot your details?