Louw moontlik na Valkenburg

Deur Angelique Erasmus
DIE vermeende brandstigter, Sonja Louw (58) het Maandag ’n aansoek by die Oudtshoorn Landdroshof gebring dat sy na die Valkenburg Psigiatriese Hospitaal gestuur moet word vir waarneming. Louw staan tereg op vier klagtes van brandstiging en een van poging tot brandstigting nadat sy vermoedelik brande in Karoopark Aftreeoord op die dorp gestig het.

Louw is tans in aanhouding nadat sy haar borg­voorwaardes nie nagekom het deur nie ’n vaste adres aan die hof te voorsien nie.

Sy het aansoek gedoen vir regshulp en aangedui dat adv Benito Mtembo haar nie meer in die saak gaan verteenwoordig nie.

Log in with your credentials

Forgot your details?