Klagtes teen vier in diamantsaak terugetrek

Deur Garnett Wicomb
DIE klagtes teen vier van vyf mans – twee van hulle van Lesotho – wat vir die besit van ongeslypte diamante aangekla is, is in die Oudtshoorn Landdroshof deur die staat teruggetrek, terwyl die vyfde man ’n boete betaal het en ’n opgeskorte vonnis aan hom opgelê is.

Martin Botha van Lesotho is deur landdros Johan Steynberg ’n boete van R3000 of vier maande gevangenisstraf opgelê asook nege maande gevangenisstraf wat voorwaardelik vir drie jaar opgeskort is.

Die klagtes teen Moeketsi Matjoba, Jagdeep Singh Multani, Mongeotywa Fefe en Divan Ernest is teruggetrek.

Botha en drie van die mans is op Dinsdag, 28 Augustus op die parkeerterrein van die Queen’s Mall op Oudtshoorn in hegtenis geneem met twee ongeslypte diamante ter waarde van sowat R20000 in hul voertuig.

Ernest is ’n paar dae later in hegtenis geneem.

Log in with your credentials

Forgot your details?