Klag van aanranding

 

Bo: ’n Foto van Hennie en Elma­rie Jacobs wat in 2008 in Die Hoorn verskyn het. Foto: Garnett Wicomb    Regs: Hennie wys vandeesweek die pepersproeimerke teen die muur van sy kamer.  Foto: Angelique Erasmus

Bo: ’n Foto van Hennie en Elma­rie Jacobs wat in 2008 in Die Hoorn verskyn het. Foto: Garnett Wicomb Onder: Hennie wys vandeesweek die pepersproeimerke teen die muur van sy kamer.  Foto: Angelique Erasmus

1. Hennie Jacobs

Deur Angelique Erasmus
DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n klag van aanranding ná ’n voorval verlede Vrydagmiddag (22 Junie) omstreeks 16:00 by die huis van Hennie (70) en Elmarie (52) Jacobs in Buitekant- straat, Oudtshoorn.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoer-der van die Oudtshoorn Polisie, was Elmarie, die klaagster in die saak, en haar man, Hennie, in ’n argument betrokke, waarna hy haar na bewering met pepersproei gespuit het.
Polisiebeamptes en ambulanspersoneel was ná die voorval op die toneel en Elmarie is per ambulans vir mediese behandeling geneem.

Die Jacobs-egpaar, wat 24 jaar getroud is, is tans in ’n egskeidingsproses gewikkel waaroor Huisgenoot op 7 Junie ’n dubbelbladartikel met foto’s geplaas het. Luidens die berig woon die egpaar nog albei in die huis wat Elmarie van haar ouers geërf het. Hulle woon egter in afsonderlike dele van die huis met ’n deur tussen hulle wat gesluit bly.

Sowat tien jaar gelede, toe hulle nog gelukkig getroud was, het ’n foto van Elmarie, wat 1,83 meter lank is, en Hennie, wat 1,1 meter lank is, in Huisgenoot verskyn. Dieselfde foto (sien bo) het in op 29 Mei 2008 in Die Hoorn verskyn.

Die keerpunt in hul huwelik was klaarblyklik verlede jaar toe Elmarie die eerste keer met haar biologiese ma kennis gemaak het. Elmarie het daarna volgens die Huisgenoot-artikel ’n radika-le verandering ervaar wat dit vir haar onmoontlik maak om met die huwelik voort te gaan.

Sy het Maandag by navraag van Die Hoorn gesê sy wil nie in hierdie stadium kommentaar  lewer oor Vrydag se voorval nie.

• Hennie het op sy beurt wel met Die Hoorn gepraat en gesê daar word snags by sy deel van die huis “ingebreek”.  “My modem is weg en my telefoonlyn is afgesny. Ek voel onveilig en vrees vir my lewe,” sê hy.

Hennie beweer dat daar mense in sy deel van die huis kom as hy nie daar is nie. Volgens hom pak hy saans stoele teen sy buitedeur sodat hy kan sien as iemand in sy woonstel rondkrap.

Hy het Vrydagoggend gesien die stoele is weg-geskuif van die deur en het besluit om die slot van die buitedeur te verander.

Omdat hy nie ’n sleutel het vir die binnedeur wat die twee dele van die huis skei nie – daar is glo net een sleutel en dit is in Elmarie se besit – het hy die man wat die slot vervang het, gevra om ’n grendel (skuifslot) aan sy kant van dié deur aan te bring.

“Ek het so ’n bietjie hard met hom gepraat om-dat hy besig was om aan te jaag. Die volgende oomblik het Elmarie daar ingestorm.

“Met die deur se oopmaak is ek agteruit ge-stoot. Ek het Elmarie verskeie kere gevra om uit my kamer te gaan.”

Volgens Hennie wou sy nie loop nie en het hy probeer om haar met die geluid van ’n skokstok (taser) af te skrik, maar was die batterye pap.

“Ek het toe die pepersproei gevat en haar weer gevra om my kamer te verlaat.”  Hennie sê toe Elmarie nie wou loop nie, het hy pepersproei na haar kant gespuit. Volgens hom was die hoogste sproeimerke teen die muur sowat 1,3 meter van die grond af.

Hy sê Elmarie het toe begin hoes en die Polisie en paramedici ontbied.

Hy het intussen op aanbeveling van die Polisie ’n klein slotjie, bekend as ’n “polisieman”, binne-in die slot van die betrokke deur gesit.

Volgens Hennie het hy sedert die deur tussen die twee dele van die huis gesluit is, nie meer toegang tot die kombuis nie.

• Elmarie is ’n eiendomsagent op die dorp terwyl Hennie jare lank as prokureur op Oudts-hoorn gepraktiseer het.

Log in with your credentials

Forgot your details?