Jonge gevonnis vir fietsroof

Deur Garnett Wicomb
’N JONG man van Dysselsdorp wat ’n 13-jarige seun met ’n panga gedreig en van sy fiets beroof het, is in die Oudtshoorn Streekhof aan roof met verswarende omstandighede skuldig bevind en tronkstraf opgelê.

Die 18-jarige Brendon Belelie het in ’n pleitverduideliking erken dat hy op 10 Junie verlede jaar die seun met ’n panga gedreig en hom van sy fiets ter waarde van R750 beroof het.

Hy het erken dat hy die fiets vir homself wou neem en dat hy verkeerd opgetree het en gestraf kan word.
Streeklanddros Retha Pretorius het in ag geneem dat hy skuldig gepleit het en nog jonk is.

Hy is ingevolge Art 276 (1) (i) gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf wat beteken dat hy na die uitdiening van ’n sesde van die vonnis om parool aansoek kan doen. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Log in with your credentials

Forgot your details?