Jan Braai oorhandig 200 fietse aan Hoërskool Calitzdorp

200 leerders van die Hoërskool Calitzdorp spog nou met splinternuwe fietse waarmee hulle daagliks skool toe kan ry, danksy ’n inisiatief van Jan Braai en ander rolspelers. Die fietse is verlede Donderdag (23 Mei) aan die skool oorhandig. Leerders van graad 6 tot 11 wat aan sekere kriteria voldoen het, het gestraal van vreugde toe die fietse aan hulle oorhandig is. Die kriteria was getroue skoolbywoning, akademiese en sportprestasies, leerdergedrag en afstand wat hulle van die skool woon. ’n Werkswinkel oor padreëls en regulasies en die veilige gebruik van fietse is daagliks vir ’n week lank vir die leerders aangebied. Behalwe Jan Braai was die rolspelers AVBOB, Investec, PPS en Team Dimension Data for Qhubeka by dié projek betrokke. Foto: Guillaume Bosch

Log in with your credentials

Forgot your details?