Huis Triomf in krisis!

Van die 30 seuns wat tans ’n heenkome het in Oudtshoorn en die Klein Karoo en Suid-Kaap se enigste kinderhuis. Huis Triomf huisves seuns tussen ses en 18 jaar oud wat deur die Kinderhof daar geplaas word as gevolg van hul huislike omstrandighede. As dié kinderhuis sy deure moet sluit, verloor die seuns en al die ander wat na hulle moet kom, hul enigste veilige blyplek. Foto: Schalk le Roux

Deur Liesel le Roux
FINANSIëLE DRUK kan veroorsaak dat Huis Triomf, Oudts­hoorn se kinderhuis wat 30 seuns tussen sewe en 18 jaar huisves, die einde van die jaar sy deure sal moet sluit.

Dit is die enigste kinderhuis in die Suid-Kaap en Klein en Groot Karoo wat omsien na seuns wat deur ’n hofbevel uit hul ouerhuise verwyder is omdat omstandighede nie geskik is vir hulle is om daar aan te bly nie. Sluit dié kinderhuis, het die kinders geen heenkome nie.

Slegs die hulp en ingryping van die gemeenskap sal kan verhinder dat Huis Triomf moet toemaak, het moedelose rolspelers Maandag tydens ’n gesprek met plaaslike koerante gesê. Die subsidies wat Huis Triomf van die staat kry, hou nie tred met die stygende koste van kos, brandstof om die kinders skool toe en terug te vervoer asook die hoë water- en kragpryse op Oudtshoorn nie.

Daar is in elk geval nie geld vir klere of enige luukshede nie, sê Alie Killian, bestuurder van die raad van Huis Triomf. Die nood nou is om net voort te kan gaan om die basiese dienste te lewer.

Die seuns ontvang byvoorbeeld nie meer as twee maal per week vleis nie, omdat finansies net nie daarvoor bestaan nie.

Twee moontlike maniere waarop die gemeenskap en besighede betrokke kan raak is:

• Die onderneming om R100 per maand per aftrekorder aan Huis Triomf te betaal.

Indien 200 tot 300 persone/besighede gevind kan word wat dit sal doen, sal basiese kostes gedek kan word.

(Rekeningnaam: ACVV Huis Triomf Child Care Centre; FNB, Tjekrekening, Rekeningnommer: 53230020512, Bankkode: 210414)

• ’n Inisiatief om ’n kind “aan te neem” deur byvoorbeeld vir hom op sy verjaarsdag of Kersfees ’n geskenk te gee en te help dat hy aan die begin van die skooljaar die nodige tas met skoolbe­nodigdhede het.

• Kontak gerus ook Die Hoorn met enige ander voorstelle.
Ons is tans self besig om moontlikhede vir die insameling van fondse te ondersoek.

Log in with your credentials

Forgot your details?