Hondsiekte nou in dele van Calitzdorp

Deur Liesel le Roux
HONDESIEKTE het onder honde in twee gebiede van Bergsig in Calitzdorp uitgebreek.

Die verspreiding van dié baie aansteeklike siekte is egter volgens verskeie vrywilligers wat in die gebied help, onder beheer binne die gebiede en lyk tans nie of dit verder gaan versprei nie.

Hondesiekte word veroorsaak deur die Para-myxo-virus, ’n hoogs aansteek like virus, wat deur die lug versprei word. Dit word gewoonlik versprei deur direkte kontak met besmette diere.

Volgens Magda Davel van die Oudtshoorn Diereskut het meer as 500 honde einde verlede jaar en die begin van vanjaar in die Oudtshoorn-gebied gevrek toe hondesiekte op die dorp uitgebreek het.

Die siekte is egter nou onder beheer gebring op Oudtshoorn Volgens dr Glen Carlisle, ’n veearts van Oudtshoorn, kom hondesiekte meestal voor in jong honde tussen drie en ses maande, maar dit kan ook in ouer diere voorkom.

Die siekte kan voorkom word deur klein hondjies op 6, 12 en 16 weke in te ent en dit daarna jaarliks te herhaal.

Die entstof is baie effektief en gewoonlik is honde veilig wat op dié datums entstof ontvang het.

Daar is géén behandeling vir dié virussiekte nie en die meeste honde wat dit kry, vrek.

• Die virus kan volgens Carlisle dood gemaak word deur goeie higiëne soos die gereelde skoonmaak van honde se slaap- en woonareas met betroubare skoonmaakmiddels.

Simptome van die siekte is 7 tot 14 dae na blootstelling sigbaar: koors en lusteloosheid, dik slym in die oë en neus, hoes, die hond gooi op en kry maagwerkings.

Honde ontwikkel breinletsels tydens die siekte met onwillekeurige spiersametrekkings van die kopspiere, bekend as “chewing gum fits”. Wanneer diere dié simptome kry, gaan hulle gewoonlik gou daarna dood.

Log in with your credentials

Forgot your details?