Gestremde vrou al meer as ’n maand soek

DIE Oudtshoorn Polisie het ’n beroep op mense gedoen om op die uitkyk te wees vir ’n gestremde vrou van Oudtshoorn wat sedert 2 Julie vermis word.

Elsbeth Lakay (35) van Gumtreestraat, Bridgton is eers op 28 Julie deur haar familie as vermis aangemeld.

Sy is fisiek gestrem en dit is volgens kapt Louis Visser, polisiewoordvoerder, nie ongewoon om haar oral te sien rondloop nie.

Sy is na haar verdwyning onder meer in die dorp en ook by die diereskut op die Rooiheuwelpad gesien.

Lakay het ’n groen broek en ’n pienk baadjie met haar vedwyning gedra.

Sy is sowat 1,5 m lank.

Enigiemand wat haar opmerk, kan lt kol Mantyi by 082 469 7438 of die naaste polisiekantoor kontak.