Fritz en Tammy moet nog wag

Deur Angelique Erasmus
DIE saak teen Frederick (Fritz) Jacobs en Tammy Michelle Weyers is Dinsdag deur landros Roelf Konstabel tot 27 November 2018 uitgestel vir streekshofbeslissing. Jacobs en Weyers word beskuldig van diefstal van meer as R400 000 en die gebruik van ’n bakkie van Badenhorst Slaghuis sonder toestemming van die eienaar.

Weyers se borgvoorwaardes is verleng, terwyl Jacobs steeds in aanhouding bly. Jacobs het effens maerder voorgekom en was netjies geklee in ’n blou denimbroek en blou knopieshemp.

Weyers het onsteld voorgekom toe Jacobs terug begelei is na die selle.

Log in with your credentials

Forgot your details?