Finansiële beplanner vas oor wapens

Deur Angelique Erasmus
’N 64-JARIGE finansiële beplanner van Oudtshoorn is verlede week in hegtenis geneem op drie aanklagte wat verband hou met wapens en ammunisie.

Adriaan Deyzel is op ’n plaas naby Dysselsdorp deur lede van die pro­vinsiale eenheid teen bendegeweld in hegtenis geneem.

Deyzel het Vrydag in die Oudts­hoorn Landdroshof voorgekom waar sy borgaansoek uitgestel is tot 9 Mei, nadat hy aangedring het dat sy aansoek deur sy regsverteenwoordiger Chris­to van der Bergh, behartig moet word en nie deur een van van der Bergh se verteenwoordigers nie.

Hy het na sy verskyning en net voordat hy teruggeneem is na die selle omgekyk, waarskynlik of daar ’n vriendelike gesig in die hofbanke is wat wat hom kom ondersteun het. Daar was egter niemand nie.

Deyzel word aangekla van die besit van vuurwapens (vyf verskillende vuurwapens), die besit van ammunisie (25 verskillende soorte ammunisie is in sy besit gevind) en die besit van meer as 200 patrone (ook 25 verskillende soorte).

Leonie van Rooyen is die staats­aanklaer in die saak, terwyl Roelf Konstabel die landdros in die saak is.

Log in with your credentials

Forgot your details?