Enkelma oorlede ná longontsteking

Barrylene Stuurman (39).      Foto: Facebook

Barrylene Stuurman (39). Foto: Facebook

Deur Wyndham Ewerts
’N ENKELMA van Oudtshoorn, Barrylene Stuurman (39), is Maandag in die vroeë oggendure in die arms van haar familie oorlede nadat sy vroeër die maand vyf dae in die hospitaal was met long-ontsteking.

Volgens haar ma, Gloria, is Barrylene ontslaan om by die huis aan te sterk, maar het sy Sondag-aand begin kla dat sy nie wel voel nie en baie pyn verduur.

“Sy het voortdurend gesteun van pyn, soveel so dat ek besluit het om by haar te gaan slaap,” sê Gloria.

Teen 02:00 die nag was Barrylene se pyn so intens dat haar familie ’n ambulans ontbied het.

Volgens Gloria het haar dogter egter haar bewussyn verloor terwyl hulle vir die ambulans gewag het.

Haar suster, Gaynor Barnard, het mond-tot-mond-asemhaling op haar toegepas, maar Barrylene het gesterf voordat die ambulans opgedaag het.

“Ons sal haar altyd onthou as ’n privaatmens wat baie gefokus was op haar enigste dogter, Barry-Leigh Stuurman wat tans in graad 11 is,” sê Gloria.

“Haar droom was om eendag haar eie berading­sentrum te open . Sy was ’n ware steunpilaar vir haar dogter en haar familie “
Barrylene het ’n diploma in vroeëkindontwikkeling aan die Suid-Kaap Kollege verwerf.

Sy word Saterdag om 11:00 vanuit die Toe­koms­rus UCCSA-kerk begrawe. Familie en vrien­de sal om 10:00 by die familie se huis in Petunialaan 26 vir die diensrede vergader. ’n Roudiens vir haar is gisteraand by die kerk gehou.

Be the first to comment on "Enkelma oorlede ná longontsteking"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*