Crimen injuria-klag ingedien teen raadslid

Deur Liesel le Roux
DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n saak van crimen injuria nadat ’n raadslid van die dorp na bewering verlede week na die verdaging van ’n raadsvergadering ’n mede-raadslid beledig het.

Die klag is ingedien deur Johan Fourie, ’n DA-raadslid van die dorp.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die voorval Vrydag (27 September) omstreeks 12:00 plaasgevind.

“Die verdagte het na bewering die klaer voor ander mense uitgeskel,” sê Michaels.

Fourie het die week bevestig dat hy ’n klag by die polisie ingedien het. Volgens hom het die raadsvergadering reeds verdaag en die speaker die raadsaal verlaat waarna ’n ander raadslid hom na bewering ’n “f****n wit gemors” genoem het.

Raadslede se vryheid van spraak word in ’n groot mate tydens raadsvergaderings deur die beginsel van privilegie beskerm, wat hulle die geleentheid bied om debat te voer sonder die vrees van lastereise.

Log in with your credentials

Forgot your details?