Borgtog geweier aan nog ’n verdagte

Preston Titus-moordsaak

Masithembe (MJ) January. Foto: Facebook

Masithembe (MJ) January.
Foto: Facebook

Deur Garnett Wicomb
MASIMTHEMBE JANUARY, ook bekend as MJ en die vyfde verdagte in die moordsaak van die soldaat Preston Titus, is Dinsdag in die Oudts­hoorn Landdroshof borgtog geweier.

Landdros Johan Steynberg het borgtog geweier omdat geen buitengewone omstandighede voor die hof geplaas is wat daarop dui dit in belang van geregtigheid is dat hy vrygelaat word nie.

Die hof het ook die belange van die gemeenskap in ag geneem.

January se regsverteenwoordiger, Daan Dercksen, het die hof versoek om wel borgtog toe te staan en aange-voer dat borgtog aan moordenaars soos Don Steenkamp en Henri van Breda toegestaan is.

Die staat het egter borg teenge-staan.

Die ondersoekbeampte, ao Darome Burger, het getuig dat January tereg staan op ’n ernstige aanklag van moord met voorbedagte rade.

Dit is ’n Bylae 6-misdryf waarvoor die voorgeskrewe vonnis lewenslange ge-vangenisstraf is.

Sy het gesê die moontlikheid be-staan ook dat die January kan vlug en nie hofverskynings sal bywoon nie.

Die staatsaanklaer, adv Michelle Weyers, het ook gevra dat die beskuldigde in aanhouding bly en gesê die staat het ’n sterk saak teen hom.

January word in ’n gevangenes op George aangehou omdat hy glo vir sy lewe vrees.

Steynberg het die saak tot 11 Julie uitgestel wanneer January saam saam met sy drie mede-be­skuldigdes, Magdaleen Titus, vrou van die vermoorde soldaat, haar vriendin Nathasia Stuurman en Justice Mooi in die hof sal verskyn.

Borgtog van R30000 is reeds in die Kaapse Hooggeregshof aan Magda-leen Titus toegestaan nadat landdros LA Wilkens in die plaaslike landdroshof borgtog aan haar geweier het.

Borgtog van R15000 is in die Oudtshoorn Landdroshof aan Stuurman toegestaan terwyl borgtog aan Mooi geweier is en ’n sesde verdagte steeds op vrye voet is.

Log in with your credentials

Forgot your details?