Bord, kar verwoes met ‘spin’

3 kar 2

Die stukkende padbord (Foto heelbo) en erg beskadigde Toyota Corolla (Foto bo).  Foto’s: Ilze-Mari Gründling

Die stukkende padbord (Foto heelbo) en erg beskadigde Toyota Corolla (Foto bo). Foto’s: Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
’N 37-JARIGE Oudtshoorniet se wit Toyota Corolla het Saterdagaand erg seergekry nadat ’n man dit vir ’n “spin gevat” en tydens dié rit deur ’n padbord en draadheining gery en in die veld tot stilstand gekom het.

Leon Langbooi vertel dat hy en ’n paar vriende Saterdagaand gekuier het toe een vra om sy kar vir ’n “spin te vat”.

“Ek gee toe die sleutels op voorwaarde dat hy net om die blok ry.”
Langbooi woon in Bridgton. Hy sê die man het egter in plaas daarvan om net om die blok te ry, uitgery in Ca­litzdorp se rigting.

Die man het toe na bewering net buite Oudts­hoorn by die aanslui­ting van die Mosselbaai- en Calitzdorppad die paal van ’n padbord flenters gery en is dwarsdeur die heining langs die pad die veld in.
Langbooi sê sy karbattery se drade is ook geknip en die battery gesteel.

Die Toyota Corolla is net daar in die veld gelos en Langbooi is die volgende oggend deur die Oudtshoorn Polisie in kennis gestel van sy kar se toestand.
“Dit is nou R40 000 down the drain,” sê Langbooi.

Volgens hom oorweeg hy tans regstappe. Hy sê hy wou ’n klagte by die polisie indien, maar dat aan hom gesê is hy kan nie omdat hy sy sleutel self aan die man oorhandig het. Sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, kon teen druktyd nog nie inligting oor die voorval bekom nie.
Langbooi en vriende het Maandag­oggend die kar uit die veld oorkant die Oudtshoorn Polisie Akademie verwyder.

Log in with your credentials

Forgot your details?