Boer in hof vir beweerde ongeoorloofde watergebruik

Deur Garnett Wicomb
’N BOER van die Kammanassie-distrik, Ebon Retief le Roux (44), het Dinsdag vlugtig in die Oudtshoorn Distrikshof verskyn op aanklag daarvan dat hy die nasionale waterwet oortree het.

Die staat beweer hy het tussen 2016 en 2017 wederregtelik en opsetlik water uit die Kammanas­sierivier gebruik op ’n wyse anders as wat toegelaat word.

Die alternatiewe aanklagte is dat hy water gebruik het teenstrydig met die voorwaardes deur water van­uit die Kammanassierivier te pomp vir besproeiingsdoeleindes asook die waterbron nade-lig beïnvloed het deur wederregtelik en opsetlik water nalatig daaruit te pomp.

Landdros Johan Steynberg het die saak vir ’n opdrag van die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) en moontlike streekhofdatum tot 4 Julie uitgestel.

Le Roux is op waarskuwing vrygelaat.

Log in with your credentials

Forgot your details?