Bevelvoerder neem leiding oor in Brackenfell

Die Eden Cluster se bevelvoerder, genl.maj. Os­wald Reddy (links), wens kol Jakobus Mar­thinus geluk met sy bevordering. Foto verskaf

Deur Angelique Erasmus
DIE stasiebevelvoerder van die Ladismith Polisiestasie, kol Jakobus Mar­thinus, is vanaf 1 Oktober 2019 be­vorder tot die rang van kolonel, en met ingang 1 November aangestel as nuwe bevelvoerder van die Brackenfell Polisiekantoor in Kaapstad.

Marthinus het op 1 April 2014 by die Ladismith se polisie aangesluit en is in 2016 na stasiebevelvoerder bevorder. Onder sy leiding is die polisiekantoor in die 2015/2016-boekjaar as die beste polisiekantoor in die Eden Cluster en in die Wes-Kaap aangewys.

Tydens Januarie 2017 se nasionale polisie-prestige toekennings is die polisiekantoor aangewys as tweede beste in die land.

Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisiestasie, het Marthinus die lede van die Ladismith Polisiestasie bedank vir hul ondersteuning die afgelope vyf jaar. Hy sê sy kollegas het hom as ’n nederige man leer ken.

“Kol Marthinus se pa was ook ’n polisieman van beroep, en is hy geleer dat ’n bevelvoerder net so sterk is soos die lede hom toelaat om sterk te wees,” sê Cederas.

Log in with your credentials

Forgot your details?