Aansoek om appèl geweier

Deur Garnett Wicomb
Die aansoek van ’n man van Oudts-hoorn om teen sy vonnis van vyftien jaar gevangenisstraf vir gewapende roof en poging tot verkragting te appelleer, is Dinsdag in die streekhof van die hand gewys.

Die 30-jarige Denzil Prinsloo het op 2 Julie 2016 die 25-jarige Caylene Arries op die plaaslike gholfbaan met ’n mes gedreig, haar probeer verkrag en van haar selfoon ter waarde van R1800 en R350 in kontant beroof.

Streeklanddros Retha Pretorius het in haar uitspraak gesê sy is van mening dat ’n ander hof nie tot ’n ander bevinding sou kom nie.

Prinsloo het twaalf vorige veroordelings en die hof het met vonnisoplegging reeds afgewyk van die voor- geskrewe minimum-vonnisse vir roof met verswarende omstandighede en poging tot verkragting, het die streeklanddros gesê.

Log in with your credentials

Forgot your details?