5 vas na diefstal by winkels

Die motor waarmee verdagtes wat na bewe­ring betrokke was by winkeldiefstal op Oudts­hoorn, gery het. Dit is die tweede keer in twee weke wat ’n motor wat na bewe­ring by winkeldiefstal op Oudts­hoorn betrokke was, op pad Kaap toe voorgekeer word.

Deur Liesel le Roux
TWEE mans wat na bewering betrokke was by winkeldiefstal in Pick n Pay op Oudtshoorn Sondagoggend is die middag op Riviersonderend in hegtenis geneem.

Dit het gevolg nadat ’n foto van ’n Toyota Etios wat na bewering by die diefstal betrokke was, die oggend op Die Hoorn se Facebook-bladsy en ook sekere whatsapp-groepe versprei is en mense gevra is om op die uitkyk te wees vir die verdagte motor.

Dit is die tweede keer in twee weke wat ’n motor wat by winkeldiefstal op Oudtshoorn betrokke was, op pad Kaap toe voorgekeer word nadat die motor by Pick n Pay geïdentifiseer kon word, waar­skynlik danksy die oplettendheid van sekuriteitspersoneel en werkers.

In beide gevalle het die polisie beslag gelê op gesteelde ware van verskeie winkels; nie net Pick n Pay nie.

Nog drie vroue wat ook met die diefstal en moontlike ander winkeldiefstal verbind word, is Maandag in hegtenis geneem.

By die vorige geleentheid is drie mans en ’n vrou wat met ’n wit Volks­wagen Polo Hatchback van die diefstaltoneel gevlug het, op 6 September op Robertson vasgetrek.

Log in with your credentials

Forgot your details?