15 jaar tronkstraf vir verkragting van halfsuster

Deur Garnett Wicomb
’N JONG man wat met toestemming geslagsgemeenskap met sy halfsuster gehad en skuldig gepleit het op ’n aanklag van verkragting, is na ’n pleitooreenkoms met die staat tronkstraf van 15 jaar opgelê.

Dimitri Jacobs het erken dat dit verkeerd was om met sy 11-jarige halfsuster geslagsgemeenskap te hê.

Die staatsaanklaer, adv Michelle Weyers, het streeklanddros Daniel Boks meegedeel dat die staat en die verdediging ooreengekom het op ’n vonnis van 15 jaar.

Die beskuldigde en die 11-jarige het glo gereeld gesien wat hul ouers doen.

Die landdros het Jacobs meegedeel dat lewenslange gevangenisstraf vir dié ernstige misdryf voorgeskryf word, maar hy het in ag geneem het dat die beskuldigde skuldig gepleit het en nog jonk is.

Jacobs is tot 15 jaar gevonnis waarvan vyf jaar voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is.

Hy is onbevoeg verklaar om ’n vuur­wapen te besit en die hof het ook gelas dat sy naam in die nasionale register vir seksoortreders opgeneem moet word.

Hiervolgens mag hy na die uitdie­ning van sy vonnis nie met kinders werk nie en moet hy enige werk­gewer inlig oor sy vonnis.