Pragtige musiek op Oudtshoorn

Die voortreflike Trio Goede Hoop is volgende Woensdag op Oudtshoorn te sien tydens ’n konsert by die Klein Karoo
Ostrich Emporium.  Foto verskaf

Die Oudtshoorn Kunstevriende se volgende konsert bring pragtige musiek na Oudtshoorn met ’n optrede deur die Trio Goede Hoop van Kaapstad.

Die Trio Goede Hoop, wat volgende Woensdag (11 September) in die Klein Karoo Ostrich Emporium op die dorp optree, bestaan uit die klarinetspeler Matthew Reid, tjellis Cheryl de Havilland en pianis Tertia Visser Downie.

Kaartjies kos R80 en is beskikbaar by Die Herrie, Antoinette le Roux (084 567 1030) en AnneLise Schutte-Vlok (072 592 3928) of by die deure.

Vir die bespreking van ’n tafel whatsapp na 084 567 1030. Die vertoning begin om 19:00.

Log in with your credentials

Forgot your details?