1ste konsert van Oudtshoorn Kunstevriende op 29 Januarie

Die kunstenaars wat volgende Dinsdag in die Klein Karoo Ostrich Emporium op Oudtshoorn deelneem, is van links Heinrich Jonck (tenoor), Kaléne Roux (klavier), Elisabeth Potgieter (mezzo-sopraan), Dalene Brits (klavier) en Gerrit Jordaan (orrelis). Foto verskaf

MUSIEKLIEFHEBBERS in die Oudtshoorn-omgewing het volgende Dinsdag (29 Januarie) die geleentheid om die jaar op ’n musikale hoogtepunt af te skop met die optrede van ’n ensemble uitstaande musici uit George. Die konsert word aangebied deur Oudtshoorn Kunstevriende.

Die ensemble bestaan uit Heinrich Jonck (tenoor), Kaléne Roux (klavier), Elisabeth Potgieter (mezzo-sopraan), Dalene Brits (klavier) en Gerrit Jordaan (orrelis).

Hulle bring die optrede Wie stap saam? na Oudtshoorn met musiek van Mendelssohn, Milhaud, Bruch, Schumann, Schubert en Pou­- lenc. Die groep se lede spog met wye ervaring plaaslik en in die buiteland, en verskeie van hulle met optredes saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes. Van die groep is voormalige le­de van die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes, die nasionale jeug­orkes, universiteitsorkeste of die Suid-Afrikaanse Weermagorkes.

Die vertoning kos R80 en begin om 19:00.

Kaartjies is beskikbaar by Antoinette le Roux by sel 084 567 1030 of AnneLise Schutte-Vlok by 072 592 3928. Tafels kan ook by hul bespreek word.