Vyfde Xtreme Autofest weer ’n reuse sukses!

Hierdie Audi A4 van Gareth Kerridge van Port Elizabeth is aan­gewys as die wenner met die “Best Air Suspention”. Kerridge het ingeskryf vir die “Show & Shine”-kategorie katagorie.  Foto verskaf

Deur Angelique Erasmus
BLINKGEPOETSTE spogmotors was Saterdag 26 Oktober by De Hoek buite Oudtshoorn te sien by die Extreme Autofest wat daar aangebied is.

Dit is vanjaar die vyfde keer wat motorgeesdriftiges by De Hoek byme­kaar­kom om met hul motors te spog.

Deelnemers het van so ver soos Johannesburg, Port Elizabeth en Kaapstad het die lang pad met hul motors aangedurf.

Sowat 60 motors het aan die skou deelgeneem.

Verskeie kompetisies is aangebied wat vir die deelnemers groot pret verskaf het.

Vir die skoonste en mooiste karre was daar die “show and shine”, vir motors wat die oordromme laat tuit het, was die “Car Sound-off”die perfekte geleentheid om met klank te spog, en vir die motors wat die laagste op die grond was, was die “low-limpics” weer die perfekte kompetisie.

Hierdie geleentheid is deur die Xtreme Racing Crew van Oudts­hoorn begin, en het elke jaar net groter geraak.

“Ons hou van mooi karre, en hier-die is is dus ’n “stance”-klub, sê PG Mooney (37), voorsitter.

Hierdie is dus nie ’n klub vir spoed nie, maar eerder een vir diegene wat hul mooi motors vir Oudtshoorn en mede-klublede ten toon wil stel .

“Die heel eerste Xtreme Autofest is in 2013 by die Bridgton Chalets gehou,” vertel hy.

Daarna het hierdie motorskou net jaar na jaar gegroei.

Dit is ook nog elke jaar aangebied, behalwe in 2018.

“Die dag het ongelooflik goed afgeloop en is deur almal wat dit bygewoon het, jonk en oud, geniet.

“Die ondersteuning van motorgeesdriftiges en die moeite wat deelnemers gedoen het om hul motors reg te kry vir die skou was waarlik ’n riem onder die hart,” vertel Moo­ney.

Hy nooi Oudts­hoor­niete uit om gerus hul Facebook-bladsy, Extreme Autofest, dop te hou vir enige motor­skouverwikkelinge.

Die datum vir volgende jaar se Extreme Autofest sal ook daarop gepubliseer word.

Log in with your credentials

Forgot your details?