Goeie wielsporing bring besparing mee!

Heinrich Barnard (links) en Arnold Verwey, tegnici van Klein Karoo Toyota, besig om ’n voertuig se wiele met die Hunter-wielsporingmasjien, wat een van die mees gevorderde wielsporing-stelsels in Suid-Afrika is, te spoor.

DEUR hul motors, bakkies of ander ­voertuie se wiele gereeld te laat spoor, kan voertuigeienaars verseker dat hulle meer kilometers op ’n stel bande kry – wat in die huidige moeilike ekonomie handige besparings kan meebring.

Nog ’n voordeel van goeie wielspo­ring is dat dit ’n voertuig meer padvas maak en dus veiliger.
Klein Karoo Toyota, wat oor ’n hoogs gevorderde wielsporing­stelsel, die Hunter HawkEye Elite, beskik, het ’n spesiale diens­aanbod vandeesmaand wat ’n gratis wielsporing insluit.

“Met die aanbod wil ons ons kliënte daaraan herinner dat ons hul voertuig se wiele vir hulle elke keer wat hulle dit vir ’n diens inbring, kan spoor. Die ge-wone prys vir ’n wielsporing is R200.

Die Hunter HawkEye Elite is ’n ge-rekenariseerde stelsel wat oor die nuutste tegnologie beskik. Met die masjien kan bande vinnig en baie noukeurig gespoor word.

Die stelsel se rekenaar, wat voortdurend aanlyn is, het toegang tot alle motors, bakkies, sportnutsvoertuie en viertrek­voertuie se nuutste wielsporing-spesifikasies.

Sodra ’n nuwe voertuig bekend ge­stel word, word spesifikasies daavan op die stelsel afgelaai.

Die ontwerpers van die stelsel het baie aandag aan selfs die ­kleinste detail gegee, soos dat die stelsel se wiel-klampe so ont­werp is dat dit nie enige merke of skrape op voertuie se wielvellings (rims) kan nalaat nie.

Voertuigeienaars kan hul voertuie enige tyd vir ’n wielsporing bring, nie net met dienste nie. Vir navrae of ’n afspraak skakel gerus tel 044 203 5400.

Wielsporing is ’n belangrike element van die padwaardigheid van ’n voertuig. Behoorlike wielsporing verseker ’n gemakliker, veiliger rit deurdat dit makliker is om jou voertuig te beheer en op die pad te hou.

Tekens dat u voertuig se wiele ’n wielsporing benodig, is onder meer:

• As jy jou voertuig se stuurwiel los en dit begin links of regs draai, maw die voertuig trek skeef, is dit ’n goeie aanduiding dat die voertuig se wielsporing uit is;

• As jy draai en jy los die stuurwiel en dit draai nie terug na die middel dat die voertuig weer reguit ry nie, is ook ’n aanduiding van swak wielsporing;

• Bande wat skeef afloop, is ook weens swak wielsporing. En neem asb kennis dat sodra ’n band skeef begin afloop, die proses van skeef afloop al hoe vinniger word; en

• ’n Stuurwiel wat vibreer, kan ook deur wielsporing veroorsaak word. Daar is egter ook ander oorsake hiervoor, soos bande wat nie gebalanseer is nie, en skokbrekers wat foutief is.

Let wel: met baie paaie wat deesdae slaggate in het, raak wielsporing gouer uit en is dit belangrik om dit meer gereeld te laat nagaan.

Log in with your credentials

Forgot your details?