Sms’e van lesers

Geneem voor verlede week se reën in Oudts­hoorn - Skillie op pad dorp toe om water te gaan soek.

■ Die mense wat so terwyl hulle op die selfoon praat vir mense ’n pad na êrens toe beduie: Onthou die ander persoon moet staatmaak op sy gehoor. Hy kan nie sien wat jy hom beduie waar hy moet loop of ry nie. Probeer jou hande stil hou. Kyk in die spieël hoe komies dit lyk.

■ Ons is dankbaar vir die reënval laas week. Ongelukkig sit ons nou weer met modderige water wat by ons krane uit­kom omdat die dorp se water nie gefiltreer word soos vereis word nie. Dit is baie nadelig vir menslike gebruik deurdat ons liggame die water moet “filtreer”. Die rykes kla nie, want hulle koop gefiltreerde water in bottels. Kan leiers in die gemeenskap dit asb ondersoek. Keelvol vir modderwater. (Sms verkort.)