Sms’e van lesers

■ I love julle voorblad! Fantasties!

■ Mnr Vorster, dankie dat jy sien in Oudts­hoorn saag jy bome nie af nie. Begin om by elke skool ses bome te plant en later bankies rondom te bou vir kinders om pouses te sit en eet. Hulle sal dit geniet. Dink dan ook aan die troues by die Moeder­kerk. Die bruide sal die koelte waardeer. Voorspoed met die welkome projek.

■ Kan mense wat by winkels werk asb ophou om my deodorant of biltong (klaar in ’n papiersak) of wat ook al wanneer ek wegkyk in klein deurskynende plastieksakkies te sit sonder my toestemming. Plastiek besoedel.

■ Miskien moet die afgetrede onderwysers by­mekaar kom en ’n skool begin met al die leerders wat soggens so in die strate van Bridgton rondsit omdat hulle laat by die skool was en voor toe hekke moes staan. Hulle skool kan dan negeuur begin om te verseker dat almal betyds is.

■ Hoe roteer die munisipaliteit sy straatveërs? In Buitekantstraat regoor Villa Fontes is vyf maande laas skoongemaak. Die herfs het gekom en gegaan. Die blare en sand lê vasgetrap. As daar ’n stormreën kom, is daar nie ’n manier hoe die water gaan wegloop nie. Die sypaadjies lyk aaklig van die wind en stormweer. Stuur een van jul amptenare en kom kyk hoe lyk dit hier. JB (Stuur of bel asb die inligting ook deur aan die Oudtshoorn Munisipaliteit. – Redakteur)

■ Die Oudtshoorn Munisipaliteit het te veel amp­te­nare waarvan party na bewe­ring vol­tyds besig is om die munisipale bestuurder te ondermyn en hulle self met politiek besig te hou in werkstyd.

■ Ek sal baie graag wil weet hoekom Oudtshoorn se Besigheidskamer se reke­ningnaam in Engels is – die groter meerderheid van Oudtshoorn se besighede en kliënte is mos darem Afrikaans en seker ook trots Afrikaans. Ek soek graag ’n antwoord!

Log in with your credentials

Forgot your details?