Sms’e van lesers

■ Ek wil net graag vir die inwoners wat in Draai-straat oorkant St Tropez-woonstelle bly, vra om hul vuilgoedsakke nie al op ’n Sondagaand uit te sit nie! Die sakkrappers krap deur die nag en dan moet ons mense betaal om die sypaadjie op ’n Maandag skoon te maak! Sit asb jul sakke voor jul eie deur neer – nie voor ’n woonstel nie! Kom ons probeer ook om Oudtshoorn se strate skoon te hou! Inwoner

■ Ek is nie kwaad vir die ses inwoners wat so tuin natmaak met ’n tuinslang en sproeier nie. Hulle is min gepla. Nou verwag die munisipaliteit ek moet in ’n hof teen hulle gaan getuig! Onmiddellike twis en vyandskap! Watse oplossing is dit? Ek het gedink ek doen die regte ding, maar lyk my daar gaan ook dadels van kom.

■ Dankie aan Engela Jacobs wat twee bome aangeneem het: water, grondbedekker en voeding! Hoop ander vrouens neem die ander bome aan, want ’n vrou weet hoe om te versorg. Katot.

■ Dankie aan Adriaan Jantjies! Hy vang die oorloopwater by die waterpunt op en maak bome en die ry spekbome romdom nat. Die bye het al begin werk op die blomme! Gewone mense gaan die dorp herstel. Katot.

Log in with your credentials

Forgot your details?