Katot inspireer inwoners

Liesel le Roux

Die Oudtshoorniet wat ’n boom op die parkeer­-terrein van die Queen’s Mall aangeneem het en dit tydens die droogte water gee, het Oudts­­hoorniete geïnspireer om ook na die bome op ons dorp om te sien.

Die Hoorn het verlede week berig oor Katot Meyer en sy gesin wat ’n boom aangeneem het en dit water gee wanneer hulle winkel toe gaan.

Die bome in die Klein Karoo kry swaar te midde van die droogte. En hoewel bome vandeesweek merkbaar beter lyk nadat goeie reën die naweek geval het, is die droogte in die Klein Karoo nog nie gebreek nie en lê die grootste deel van die tradisio­neel baie warm Fe­bruariemaand nog voor.

’n Inwoner van Tuishuis, ’n oue­te- huis in Baron van Reedestraat op Oudtshoorn, skryf vandeesweek in ’n brief aan Die Hoorn (onderaan ­die bladsy) dat inwoners so deur Meyer geïnspireer is dat hulle besluit het om die vyf bome op die sypaadjie voor Tuishuis ook te versorg tot ná die droogte. Welgedaan!

Jaco Vorster, sakeman van Oudts­hoorn, het ook laat weet dat hy Meyer se voorbeeld gaan volg en ’n boom by die Queen’s Mall gaan aanneem. En Meyer self het laat weet dat Engela Jacobs twee bome daar aangeneem het en van Adriaan Jantjies wat in St Saviourstraat by die waterpunt oor­loopwater opvang en bome daarmee natgooi (sien sms’e).

Ons hoop nog mense gaan die voor­beeld volg! Baie bome op ons dorpe staan de­kades daar – ons erfporsie van vroeër geslagte en ons s’n om vir volgende geslagte te versorg.

Someone is sitting in the shade today because someone planted a tree a long time ago.
– Warren Buffett

Log in with your credentials

Forgot your details?