Briewe van ons lesers

Ons veiligheid in Oudtshoorn

Ons bly in ’n kompleks in Hoogstraat in Oudtshoorn. Drie indringers het by die kompleks se hek ingesluip toe iemand uitry. Hulle klop by die eerste deur en word weggewys. Toe klop hulle by die tweede deur en die eienaar vra dat hulle die kompleks verlaat en vergesel hulle.

Hy maak die hek oop. Skielik word ’n mes uitgepluk met dreigemente dat hy gemerk is en hulle gaan terugkom. Dit is baie ontstellend. Hier was al twee ander insidente ook.

Ons is ewe skielik blootgestel en moet vir ons eie sekuriteit sorg, want ons polisie het nie genoeg mannekrag om elke losloper dop te hou nie. Ons weet ook nou al dat die polisie ’n groot gebied bedien en nie altyd noodsituasies kan hanteer nie.

Vir ’n vrou is dit onveilig om 200 meter na die kafee te stap sonder om lastig geval te word, en so ook in die dorp in Hoogstraat tussen Kerkstraat en St Johnstraat.

En dit in hierdie pragtige dorp Oudts­­hoorn met sy duisende toeriste. Dit laat ’n mens dink, nè.
– Francois du Plessis, Oudtshoorn

Dankbaar vir dié goeie diens

Op 19 Maart 2019 moes ek my be­- stuurslisensiekaart hernu by die Oudts­hoorn Verkeersdepartement. Ek dink die ontvangs en vriendelikheid wat ek daardie oggend beleef het, was ver bo my verwagtinge, komend van Centurion en Midrand.

Die twee persone wat my gehelp het, verdien ’n pluimpie vir die behulpsaamheid en vriendelikheid.

Op 24 April 2019 was my lisensiekaart gereed vir gebruik. Ek wens die twee van julle alle sterkte en voorspoed toe!
– Maria Janse van Rensburg, Oudts­hoorn

To Oudtshoorn Hospital

Sally Forshaw wishes to thank Dr Charles Dreyer, Dr Piet Loubser and Helen Human for their rapid attention and referral to George Hospital of her son, Glen Forshaw, on Easter Sunday. He owes his life to their experience. I am eternally grateful.

Log in with your credentials

Forgot your details?