Briewe

Mag Klassique net lekkerder en groter word!

Dankie, Hugo, et al. Dit was vir my en Ferda weer eens ’n plesier om die vertonings tydens vanjaar se Klein Karoo Klassique by te woon.

Alles was van die hoogste gehalte. Veral die Galakonsert Saterdagaand was uitstaande en het my trane in my oë laat kry. Ek het daarna net besef dat ons nie politici nodig het om die vraagstukke van ons land op te los nie.

Ek hoop dié samesyn sal net lekkerder en groter word.

Sonja Mackay se kos by Die Windpomp Restaurant was ook baie lekker en ons het heerlik saamgekuier met ’n skeutjie goeie plaaslike wyn.

Maar ag, Mnr die Burgemeester, wil die raad nie asseblief die foyer en toilette by die Burgersentrum opgradeer nie? Dit lyk nog steeds soos hoenderhokke daar. Dan doen julle iets positiefs. Ons betaal immers belasting.

Ek en verskeie plaaslike mense sal help.
– Nic en Ferda Barrow, Fransch­hoek

Verkeersposte ná maande steeds vakant!

Daagliks wemel die plaaslike koerante en sosiale media van artikels oor die baie ongelukke en sterftes op Oudts­hoorn, De Rust en Dysselsdorp se paaie.

Te midde van hierdie algehele chaos en tragedies in die verkeer, het die raad sedert November verlede jaar by drie geleenthede vakante poste in die verkeersafdeling geadverteer en elke keer nadat aansoeke ontvang is, besluit om nie voort te gaan met aanstellings nie.

Daar is duidelik ’n slang in die gras en ’n berekende poging om die hoof van verkeer en munisipale bestuurder in ’n swak lig te stel. Tans doen die wetstoepassers, wat nie verkeersoplei­-ding het nie, die werk van die verkeersmanne. Die enigste plek waar jy in hierdie dorp ’n verkeersman sien, is agter ’n spoedkamera onder ’n boom

Daar is sekerlik groot bedrae betrokke by die herhaalde advertering van hierdie poste en sal die menslike hulpbron-afdeling se direkteur verantwoor­delik gehou moet word vir verkwisting van die belastingbetaler se geld weens vrugtelose uitgawe.

Die betrokke minister sal dringend moet kom ondersoek wat hier aan­gaan, want al die ander poste wat minder belangrik is, word gereeld ge­vul.

Dit is verblydend om te verneem dat AfriForum die Valke nader om soos in George ’n ondersoek te loods na al die aanstellings. Dit behoort ’n prentjie te gee vanaf watter munisipaliteite die amptenare kom wat aangestel word en onder wie van die huidige direkteure hulle daar gewerk het.

Ek hoop die kommentaar van die burgemeester en betrokke minister sal gevra word.
– Oudtshoorniet

The good news and bad news

This letter is rather like those jokes that start, “there’s good news and bad news, which do you want first?”

I am choosing the good news first, as my prerogative as the letter’s author.

Congratulations to all who are ma­king the entrance to our town attractive, with their hard work and the sweat of their brows.

Let’s hope that the Muni­cipal Garden Services assist with the donation of plants and perhaps they will be persuaded to provide a dash of grey water once per week.

Secondly, a round of applause for the innovative idea of the Business Chamber to plant 100 000 trees. I for one will cherish a tree planted in the proximity of our property.

Ethiopia recently planted 1,2 million trees in a three month period to halt the desertification of the edges of the major city. Over the past weekend India, moving to provide a better environment for the citizens, planted 2,5 million trees.

It is not too late to bring about some change to the altered climate. Tree planting will assist in cleaning our air and increasing the rainfall.

The bad news: Once again we have a DA led council in conflict with itself, the mayor alledgedly using the party whip to enforce his desire to get rid of the town nanager! No wonder the DA was on the losing side in five country wide by-elections.

The job, DA councillors, is to see to the smooth running of the town. I shudder to think what litigation, pension payouts and contract agreements will cost me as a rate payer.

Put your petty fights away, do your job for which you are overpaid in anybody’s book.

I see no problems in the municipal functions – the staff is efficient and polite when I have occasion to call upon them and as of the time of writing we still do not know what the charges against our town manager are. Except to say the parting, in the words of a 1930’s Hollywood actor, somewhat altered, “parting is such an expensive bit of grief!”
– William Gould, Oudtshoorn

Log in with your credentials

Forgot your details?