Wenke vir gespesialiseerde harebehandelings

Marguerite Botha

Deur Angelique Erasmus
MILJOENE rande word jaarliks bestee by haarkappers en aan tuisprodukte. Marguerite Botha van Hair Inc gee vandeesweek wenke oor nuwe gespesialiseerde harebehandelings.

Haarkleur, nuwe modieuse style, spesiale haarvoedings, haartange en byprodukte is enkele dienste of items wat by haarsalonne aan vroue, en “metromans” aangebied word.

Daar is egter ’n paar baie belang-rike wenke wat betref die gehalte en gesondheid van hare.

Hier is van die jongste behande-lings waarvan ’n mens moet weet:

• Brazilian-haarbehandeling: Die prys van dié behandeling hang af van die klient se hare – hoe langer, hoe duurder. Dit word nie aanbeveel vir baie kort hare nie omdat hare so vinning groei.

Vir die behandeling word die hare net gewas waarna dit sonder ’n opknapper drooggeblaas word om seker te maak alle olies is verwyder. ’n Spesiale middel word dan strook-strook aan die hare gewend, dieselfde as wanneer hare gekleur word en is ook ’n tydsame proses.

Nadat die middel vir ’n bepaalde tyd lank aangelos is, word dit met ’n spesiale stryktang reg­uit gemaak. (Hoewel die rook trek, is dit niks om oor bekommerd te wees nie. Dit is slegs die produk wat die rook veroorsaak!) Sodra al die stroke reguit gemaak is, word die hare weer gewas, met opknapper behandel en drooggeblaas.

Die behandeling verseker nie net dat hare sowat drie tot ses maande lank reguit is sonder dat dit gestileer hoef te word nie, maar spaar dit baie tyd en moeite, veral vir diegene met baie lang en dik hare.

Die behandeling help ook dat hare nie koek en kroes (frizz) nie, dit sag en minder pofferig, sterk en gesond is en makliker beheerbaar is. Dit be-skerm die hare ook teen hittebeskadiging. Dit is ook nie skadelik vir swanger vroue of swanger haarkappers nie.

Dit is baie belangrik om sulfaat-vrye produkte te gebruik, sodat die behandeling langer kan hou.

Die produkte is nie net by salonne beskikbaar nie, maar ook by meeste supermakte.

• Haarverlengings. Dié behandeling is gespesialiseerd en dit word aanbeveel dat by haarkappers met die nodige opleiding aangeklop word.

Haarverlenings van goeie gehalte is duur omdat dit met menshare gemaak word. Om ’n baie na­tuurlike voorkoms te verseker is dit baie belangrik dat die regte verlengings gekies word om aan die kliënt se behoeftes te voldoen. Sommige kliënte laat haarverlengings doen sodat hul reeds lang hare dikker en met meer volume vertoon.

Haarverlengings verg spesiale aandag en baie werk om dit netjies en natuurlik te laat lyk. ’n Ver-skeidenheid verlengingsopsies is beskikbaar. Die nuutste is instrykverlengings.
Wenke om jou verlengings mooi op te pas:

• Hare moet liefs nie vir 48 uur lank nadat die haarverlenging gedoen is, gewas word nie;

• Geen haarprodukte moet gebruik word naby die plek waar die verlengings geheg word nie;

• Borsel hare twee tot drie keer per dag met ’n spesiale borsel;

• Vleg die hare voordat daar geswem word;

• Maak hare in ’n poniestert vir slaaptyd;

• Borsel alle koeke daagliks uit;

• Moenie stywe poniesterte maak nie. Dit kan die verlengings laat lostrek; en

• Die hitte van ’n sonbed kan verlengings laat loskom.

Log in with your credentials

Forgot your details?