‘Verskil in my lewe’

HULLE lewens het ten goede verander!

So sê twee vroue van Oudtshoorn wat in Julie ’n aantal sessies teen halfprys gewen het wat twee lewens-afrigters van die dorp, Ilse Pienaar en Marida Louw, begin Julie in Die Hoorn geadverteer het. Ilse en Marida is onder die eerste groep Suid-Afrikaners wat as lewensaf-rigters (Health Coaches) by die Health Coaches Academy in die Verenigde Koninkryk gekwalifiseer het om mense te help om hul leefstyl en daaglikse keuses so aan te pas om ’n gesonder lewe te kan lei.

Ilse en Marida het vir die vroue elkeen ’n leefstylplan saamgestel om hulle te ondersteun om veranderinge te maak én te onderhou.

Die Hoorn het beloof om terug-voer te gee oor die twee vroue se vordering. Lees gerus wat hulle anoniem skryf.

Die vrou wat Marida besoek het:
Ek is baie dankbaar dat ek so ’n wonderlike mens kon ontmoet. Behalwe vir dieetinligting het sy my ook gehelp om aan dinge te werk in my lewe waaraan mens nie aandag gee nie en wat tog so belangrik is. Ek was ’n baie geïrriteerde en moeë persoon, min wetend dat dit my suikervlakke is; hoewel ek nie ’n diabeet is nie. Dankie, Marida, dat jy my weer laat goed voel het oor myself. Dis lekker om suikervry te wees en bewus te wees van wat by my mond ingaan. Ek verloor ook lekker sentimeters. Dis ’n bonus. Ek raai ’n ieder en ’n elk aan om ’n lewensafrigter te kontak indien jy vetsugtig of ’n diabeet is of net weer wil goed voel oor jouself. Marida het ’n verskil in my lewe kom maak.

Die vrou wat Ilse besoek het:
Baie dankie vir die paar weke se sessies; dit het so baie vir my beteken. Ek kan amper nie glo dat dit so ’n goeie uitwerking op my het nie. Jy het my weer met ander oë na die lewe laat kyk… Ek voel sommer weer lus om te leef. Ek is tans by die taebo-klasse. Dit is bietjie moeilik. My lyf is so seer, maar ek probeer alles doen wat by die klas van my verwag word. Ek hou nog streng by my kosse en drink steeds baie water. Ek is heel opgewonde om weer op jou skaal te kan kom. Baie dankie dat jy so positief is oor my. Ek sien uit na my nuwe self!

• Kontak Ilse by 082 417 0501 en Marida by 082 7733 191.

Log in with your credentials

Forgot your details?