Twee eerstes vir Wilma

Bo: Wilma Smit van Oudtshoorn by haar kwiltdeken waarmee sy ’n eerste prys by die Outeniqua Kwiltersgilde se 2018-fees gewen het. Onder is haar bekroonde kunskwilt.  Foto’s Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux
DIE kwiltwerk van Wilma Smit van Oudtshoorn is die afgelope naweek by die 2018-fees en uitstalling van die Outeniqua Kwiltersgilde op George met twee eerste pryse, een tweede en een derde prys bekroon.

Dit is ’n baie groot prestasie as in ag geneem word dat kwiltwerk net in agt afdelings beoordeel is.

Smit het die afdelings gewen vir beste bedkwilt – ’n lieflike dubbelbedkwilt waarvan die kleurespel en presiese kwiltwerk die asem wegslaan, en vir die beste kunskwilt – ’n kreatiewe kwiltwerk in die vorm van driedimensionele hangende blare.

Haar tweede plek was in die afdeling vir ’n geometriese muurkwilt en haar derde plek vir ’n handsak in die afdeling vir drabare kuns.

Die kwilte op die uitstalling, wat van 13 tot 15 September geduur het, is deur drie nasionale be­oor­delaars beoordeel.

Log in with your credentials

Forgot your details?