SAMA kongres: Etiese dilemmas in mediese bedryf

Dr Engela Lange

Dr Engela Lange, patoloog en akademikus van Pathcare het ’n interessante gesprek oor die etiese dilemmas van dokters gelei.

Sy het beklemtoon dat dokters steeds ’n belangrike en onmisbare rol in hul gemeenskappe op alle gebiede moet vervul en dat die eise en verantwoordelikhede wat aan hulle gestel word nuwe uitdagings skep.

Daar is gevoel dat die eise, beperkings en verpligtinge wat mediese fondse op dokters stel, negatiewe etiese en regsmediese probleme skep – die fondse wil aan dokters voorskryf hoe waar en wanneer hulle hul pasiënte moet behandel.

Terselfdertyd moet die dokter egter steeds die regsverantwoordelikheid dra van besluite wat aan hom opgedring word.

Dokters voel die toestand bedreig hul onafhanklikheid en kan ’n negatiewe impak op hul be-sluitneming hê.

Een van die kongresgangers het voorspel die situasie is aan die ontwikkel waar dokters en die private hospitale die fondse en die regering se planne met hulle as die grootste bedreiging vir die bestaan van private dokters en hospitale in die land beskou.

Hulle voorspel dat dit tot die massa-uitvloei van veral jong dokters sal lei.

Log in with your credentials

Forgot your details?