SAMA-kongres baie suksesvol!

Dr Wessel Vermeulen, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMA), verwelkom dokters van die Suid-Kaap by die vereniging Saterdag by Surval Olyflandgoed net noord van Oudtshoorn. Regs is van die dokters wat die kongres bygewoon het.

SAMA (die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging) het Saterdag, 8 September, ’n baie suksesvolle kongres by Surval Olyflandgoed noord van Oudts­hoorn gehou.

Die kongres is bygewoon deur 75 geneeshere vanuit hoofsaaklik die Suid-Kaap.

Die lesings, wat deur voorste kundiges aangebied is, was van hoogstaande gehalte en het uiteenlopende aktuele onderwerpe gedek.

Die onderwerpe wat bespreek is, het ingesluit van die ­nuutste behandeling vir beroerte tot die ­nuutste inentings en medisyne op die mark.

Die gehoor was aktief betrokke by die bespre­kings en het waardevolle insette gelewer.

Die dokters se vroue is met ’n stylvolle tee en verversings getrakteer.

’n Ginekoloog het ook ’n interessante praatjie oor hormonale vervangings gelewer.

Aan die einde van die amptelike verrigtinge is al die teenwoordigers op ’n smaakvolle braai getrakteer.

Dr Wessel Vermeulen, voorsitter van SAMA, sê die vereniging beoog om die kongres ’n jaarlikse instelling te maak.

Log in with your credentials

Forgot your details?