Nuwe inentings beskikbaar: SAMA kongres

Dr Lee Baker

DR LEE BAKER, wêreldbekende farmakoloog, navorser en akademi-kus in Suid-Afrika en Australië, het die nuutste riglyne en beskikbaarheid van voorkomende entstowwe en immunisasies bespreek.

Interessant was die bespreking oor inentings vir volwassenes teen veelvuldige virusse en bakterieë wat jaarliks vir miljoene sterftes verantwoordelik is.

Veral mense ouer as sestig moet verkieslik inenting teen longsiektes gebruik. Die nuutste middels op die mark hiervoor, is bespreek.

Die noodsaaklikheid van die inenting van kinders teen masels, breinvliesontsteking en kinkhoes is beklemtoon.

Dr Baker het gemaan dat indien die persentasie van die bevolking wat ingeënt word te laag daal, kan dit massa-epidemies tot gevolg hê.

Dit hou ’n groot risiko vir enige land in waar duisende mense die betrokke land onbeheersd binnestroom vanuit lande waar inentings nie gedoen word nie.

Mooi gedekte tafels met uitsonderlike aandag aan detail, heerlike eetgoed en leersame inligting was van die kenmerke van ’n “high tea” wat deur ’n groot groep vroue, waaronder die eggenotes van dokters, bygewoon is.