Niemand is ooit te oud om Harley te ry nie

Fanie van Zyl (72) van Helen Bellinghanhof op Oudtshoorn, saam met Giacomo Granso op ’n pragtige ysterperd. Van Zyl het die motorfietsryery so geniet dat hy sommer met twee rondtes bederf is!  Foto Angelique Erasmus

Deur Angelique Erasmus
WAT het ’n groep Harley Davidson-ryers en Helen Bellinghof, ouetehuis op Oudtshoorn, met mekaar in gemeen?

Die opwinding van avontuur en die wind in jou hare ken geen ouderdom nie.

Verlede Vrydag het groot opwinding onder inwoners van Helen Bellinghof geheers toe die Breede Rivier HOG Chapter-motorfietsklub dié ouetehuis op Oudtshoorn besoek het.

Inwonders is eers deur die leergeklede Harley-ryers bederf met heerlike kolwyntjies en warm drinkgoed voordat daar na buite beweeg is om die blink ysterperde te aanskou.

Sommige van die gryskoppe was braaf genoeg om ’n draai agterop die indrukwekkende motor­fietse te ry.

Daar is heerlik gelag en die glimlagte was groot. Oud het sommer weer jonk gevoel.

Volgens Liesl Strauss, onder-voorsitter van die klub, staan hulle Helen Bellinghanhof graag by.

Die klub het geld ingesamel vir die aankoop van toerusting vir Helen Bellinghanhof volgens ’n lys wat aan hul verskaf is.

Log in with your credentials

Forgot your details?